Betaal kontant aanlyn op ons webtuiste en tel u maaltye op by Kleuter Kampus in Centurion.
Kom tel u maaltye op by Kleuter Kampus in Centurion en vereffen u rekening aan die einde van die maand.
Ons verstaan die belangrikheid om by 'n begroting te bly. Ons bied bekostigbare opsies aan sonder om smaak OF kwaliteit af te skeep.
Die maaltye bevat slegs die beste bestanddele wat verseker dat elke happie gevul is met smaaklikheid en voedingswaarde.
Met klaargemaakte etes is daar geen gestoei met resepte, inkopies of voorbereiding nie. Dit is net 'n kwessie van opwarm en bedien!
Ons werk saam met Pie Factory Shop om 'n jap-trap ete vir elke huisgesin te bied!
Maak gebruik van die vorm of enige van die volgende metodes om u navraag aan ons te rig.